St Helenabaai See Fees

Iewers het iemand gesê dat enige tyd ʼn goeie tyd is om die Weskus te besoek.

Hierdie streek met sy unieke bekoring en besienswaardighede, strek vanaf Bloubergstrand tot waar die R27 in Velddrif vasloop en vandaar verder, om die draai na Laaiplek, Dwarskersbos en Elandsbaai. Om by Langebaan, Saldanhabaai, Jakobsbaai, Vredenburg, Paternoster en St. Helenabaai uit te kom, moet jy van die R27 afdraai see se kant toe. As jy dit nie doen nie, gaan jy van die bestes op die Weskus misloop!

Hierdie area spog met ’n ryk en kleurvolle geskiedenis, en sy vriendelike mense, gastehuise en hotelle verwelkom besoekers met ope arms en spesiale moeite word gedoen om die Weskus se beste lekkernye en smulkos uit die see voor te sit. Ongelukkig is veel van hierdie kosbare erfenis onbekend aan die meeste Suid-Afrikaners. Daarom hou St. Helenabaai vanjaar sy eerste SEE-FEES. Natuurlik impliseer dit egte watertand Weskusseekos, soos snoek en soetpatat, kreef, swartmossels, calamari, lynvis en nog meer. Kyk ook uit vir potjiekosgeregte soos skaap-, kerrie- en waterblommetjiepotjies. En asof dit nie genoeg is nie, ook nog beessosaties, wors en skaap-op-die-spit, en hoendergeregte soos kebabs, boudjies en geurige spesery-vlerkies. Die onmisbare bier- en wyntuin sal help sorg vir die feestelike atmosfeer, én vir die dors!

Maar wat is ’n fees sonder musiek? Van ons voorste kunstenaars soos onder andere Chereé en Wynand, Amoré, Michael, Leonard en Die Byeboer en Nog sal die voete aan die klop help hou.

Buiten al die ete, drinke en musiek, is daar ook nog ’n uitstalling van veteraanmotors en trekkers, met gratis trekkerritte; ’n springkasteel, ’n seereddingsvertoning deur die NSRI, ’n Harley-Davidson motorfietsuitstalling, ’n kaas- en wynproe, en prettige kompetisies soos swartmossel-eet, koeldrank-drink, visstok-kolgooi en bakkie-roei. Die vol dag se lekkerte word met ʼn vuurwerkvertoning afgesluit.

Waar : SANDY POINT HAWE, ST. HELENABAAI

Wanneer : 28 DESEMBER 2012 vanaf 09:00 tot 23:00

Toegang : Motor & bestuurder (motorwagte by parkering) - R60

Volwassenes – R50

Kinders 6 -12 – R20

Kinders onder 6 – Gratis

Fondse wat ingesamel word, is ten bate van plaaslike liefdadigheid.

Navrae kan gerig word aan André Venter: (022) 736 2370 of 083 7337 832

 

 

For Booking Enquiries, please sumbit this form:


Name
Email Address
Contact Number
Enquiry
 

 

 

 

 

 

About this Event

Event Date: 28 December 2012
Town: St Helena Bay
Location: Sandy Point Hawe
Opening Hours: 09:00 - 23:00
Contact Person: Andre Venter
Contact Tel: (022) 736 2370
Contact Cell: 083 7337 832
Contact Email: sthelenaseefees@sbto.co.za

 


Photo Gallery of this Event

 

 

 

About the
West Coast Peninsula

Home Page
Who We Are
News and Events
Resources
Contact Us

Major Towns
in the Peninsula

Hopefield
Jacobsbaai
Langebaan
Paternoster
Saldanha
St Helena Bay
Vredenburg

Explore the
West Coast Peninsula

Attractions
Accommodation
Service Guide
Photo Gallery