Werksgeleentheid vir skool verlaters in Pretoria! |
<< go back to news |
Binnelandse Sake skep platform vir jong Afrikaners
Die departement van binnelandse sake stuur 'n kadetprogram van stapel om jong Suid-Afrikaners op te lei en te bemagtig om dié departement te omskep in 'n vaartbelynde departement wat meer doeltreffende dienste kan lewer aan landsburgers en buitelandse besoekers by onder meer plaaslike kantore, grensposte, hawens en lughawens.
Binnelandse Sake is tans spesifiek op soek na Afrikaanssprekende jongmense tussen 18 en 35 jaar om 'n Nasionale Sertifikaatkursus in Binnelandse Sake Dienste te ondergaan, wat studente onder meer sal oplei in die kernfunksies van die departement, naamlik Migrasiebestuurstudies, Asielsoekersbestuur en Burgerskapbestuurstudies.
Die kursus sal oor 18 maande strek en word in Pretoria aangebied en sal vir studente die deur oopmaak om permanent deel te word van die departementele funksies na afloop van die program. In dié tydperk sal kandidate wat gekeur word vir die program geen vergoeding ontvang nie maar verblyf en kos is gratis vir die duur van die opleiding. Dit is 'n vereiste dat belangstellendes Afrikaanssprekend is en 'n matrieksertifikaat of enige vorm van opleiding post-matriek het.
Belangstellendes kan hulle CV's e-pos na .
Vir verdere inligting kan Tshiamo Stemmer geskakel word by 012 406 2744/078 885 6590
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Januarie 2014.
|